Lees Jesaja 5:1-7.
Hoe het God oorspronklik met Sy wingerd gewerk? Waarom vervies die Here Hom vir die wingerd?
Sou jy sê dat Israel ‘n kwaliteit wingerd was (die WARE
wingerd dalk)? Hoekom/hoekom nie?
Hoe beskryf Jeremia 2:21 die volk Israel?
Lees nou Esegiël 15.
Sou jy sê God straf die wingerd? Motiveer jou antwoord uit die teks. Wat sê die teks oor wingerdhout?
Die ware wingerdstok
1 “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die
boer. 2 Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar
elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 3
Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê
het. 4 Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy
eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as
julle nie in My bly nie.
5 “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en
Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. 6 As
iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die
mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7
As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en
julle sal dit kry. 8 My Vader word juis daardeur verheerlik dat
julle baie vrugte dra en my dissipels is.”
Lees die gedeelte 3 keer
deur. Neem nou tyd vir stilgebed. Dink gewoon aan wat jy gelees
het. Is daar ‘n spesifieke frase of woord wat vir jou uitstaan?
Fokus jou gedagtes net op die enkele frase of woord. Luister in die
stilte na wat die Here hierdeur vir jou wil sê. (Kyk of jy 5min in stilte
kan deurbring terwyl jy dink oor wat jy gelees het. Stel sommer jou
wekker op jou selfoon, 5min in stilte voel lank).
Hoe beskryf hierdie verse die verhouding tussen Jesus en
Sy Vader? Hoe beskryf hierdie verse
Jesus se verhouding met ons?
Wat dink jy word daarmee bedoel dat God ons snoei? Hoe snoei God ons?
Wat beteken dit om in Jesus te ‘bly’?
Hierdie teks bevat ‘n
pragtige beeld. Dis egter ‘n beeld wat
in die Ou Testament dikwels gekoppel is aan droefheid en straf. ‘n Wingerd het konstante instandhouding
geverg. Daar moes ook heelwat
infrastruktuur opgerig word indien mens met druiwe wou boer. As mens nie hard gewerk het en gereelde
instandhouding gedoen het nie, het die wingerd sommer gou agteruit gegaan. Miskien sou dit genoeg wees om net te sê dat
die wingerd vervalle raak as God dit nie meer snoei nie...
Hoekom dink jy word daar in vers 6 gepraat oor lote wat
in die vuur gegooi word?
Sny God dan party mense doelbewus af en gooi hulle in die
vuur (die hel)?
Lees weer vers 8.
Kan hierdie vers jou dalk ‘n antwoord gee op die bogenoemde vrae? Wat is God se wil vir jou?
No comments:
Post a Comment